Waar daar son is, is daar lig.
Waar daar lig is, is daar krag.
5.0 Gradering op Google Maps
Vyfster kliënte tevredenheid
Omvattende sonkrag en rugsteunkrag oplossings waarop jy kan staatmaak - regoor Suid-Afrika.
Ons ontwerp en installeer veilige, voldoenende en doeltreffende sonkragstelsels vir residensiële, kommersiële en landboukliënte, ondersteun deur 'n betroubare installasienetwerk wat alle gebiede van Suid-Afrika dek.
Wat maak ons anders?
Ons verkoop nie bloot produkte nie - ons bied omvattende energie-oplossings. Elke stelsel word noukeurig ontwerp om aan u spesifieke behoeftes te voldoen, professioneel geinstalleer en deur langtermyn- ondersteuning gerugsteun. Ons landwye netwerk van installeerders stel ons in staat om betrouare diens regoor Suid-Afrika te lewer.
Oplossings vir elke behoefte
Landgoedere en Residensiële eiendomme
Ons spesialiseer in sonkrag installasies wat aangepas is vir woonland goedere en leefstyle – en at gerief, onafhanklikheid en langtermyn besparings kombineer. Ons stelsels is ontwerp om aan die vereistes van huis eienaars verenigings en bestuursliggame te voldoen, terwyl dit terselfdertyd eiendomswaarde en lewens gehalte verhoog.
- Ideaal vir vrystaande huise en meenthuise
- Slim ontwerpe wat aan die riglyne van die landgoed voldoen
- Rugsteunkrag vir noodsaaklike toestelle tydens beurtkraf (ligte, yskaste, Wi-Fi, alarms)
- Professionele installasies met minimale ontwrigting vir inwoners
- Langtermyn ondersteuning en instandhouding vir gemoedsrus
Landbou
Ons sonkrag oplossings is ontwerp vir die vereistes van die lewe op die platteland en voorsien betroubare krag aan plase, besproeiingstelsels en landbou bedrywighede.
- Krag vir besproeiings pompe koelopberging en plaas masjinerie
- Verminderde afhanklikheid van diesel opwekkers en die Eskom Netwerk
- Duursame stelsels wat vir afgeleë gebiede en strawwe toestande gebou is
- Langtermyn besparings en volhoubaarheid vir die boerdery onderneming
Kommersieel
Skaalbare son energie oplossings wat ontwerp is om aan die behoeftes van besighede, organisasies en kommersiële eiendomme te voldoen. Ons kommersiële installasies is daarop gemik om bedryfskoste te verminder, energie doeltreffendheid te verbeter en lantermyn volhoubaarheids doelwitte te ondersteun.
- Kantoorgeboue – ons ontwerp en installeer sonkrag stelsels wat naatloos by kantoor infrastruktuur integreer, wat betroubare rugsteunkrag en verlaagde elektrisiteits koste vir daaglikse bedrywighede verseker.
- Nywerheids fasiliteite – ons nywerheids oplossings is ontwerp vir hoë energie behoeftes en ondersteun masjinerie, produksielyne en grootskaalse bedrywighede met betroubare en koste doeltreffende sonkrag
- Kleinhandel ruimtes – vir winkelsentrums en selfstandige klein handel winkels verskaf ons sonkrag installasies wat bedryfs koste verlaag en terselfdertyd die handelsmerk se reputasie duer volhoubaarheids praktyke versterk
- Die gasvryheids en diensbedryf – hotelle, gastehuise, restaurante en diens gebaseerde ondernemings – vind baat by pasgemaakte sonkrag stelsels wat on onderbroke diens, laer nuts rekeninge en omgewings vsriendelike bedrywighede verseker.