Terug sendingsbeleid – Grobler SonWerke Laas bygewerk: 2026/08/13

By Grobler SonWerke wil ons hê ons kliënte moet vol vertroue voel oor elke aankoop. Aangesien ons ‘n gemagtigde herverkoper is, is ons proses vir terugsendings en waarborge onderhewig aan die amptelike beleide van ons verskaffers en vervaardigers.

Hoe dit werk:

 

Stap 1: Kontak Grobler SonWerke met jou versoek vir n teruggawe of waarbor-eis.

Stap 2: Ons sal jou versoek registreer en aan die betrokke verskaffer voorlê.

Stap 3: Die verskaffer hersien en keur die terggawe of waarborg-eis goed in ooreensemming met hul beleid.

Stap 4: Grobler SunWerke kommunikeer die uitslag en staan jou deur die proses by.

Hanterings fooie:

  •  Sommige verskaffers hef hanterings- of administrasie fooie vir trugsendings.
  • Hierdie fooie word deur die verskaffer bepaal en sal aan u gekommunikeer word voordat die terugsending verwerk word.
  • Grobler SonWerke hef geen bykomende koste nie, maar ons is verplig om die verskaffer se beleid te volg.

Uitroep en Arbeidsfooie

In sommige gevalle mag die terugstuur of waarborg-eise die verwydering en vervoer van geinstalleerde hardeware vereis.

  • Grobler SonWerke lewer hierdie diens as deel van die terugsendings proses.
  • n Uitroepfooi en arbeidskoste kan van toepassing wees om die koste an verwydering, hantering en vervoer te dek.
  • Hierdie fooie is deel van enige hanteringsfooie van verskaffers en sal duidelik gekommunikeer word voordat daar met die werk begin word.
  • Kliënte kan kies om hul eie verwydering en vervoer te reel mits die produk ooreenkomstig die verskaffer se vereistes teruggestuur word.

 Ons Verbintenis:

Ons sal altyd namens u werk om die proses so vlot moontlik te laat verloop en om te verseker dat u die ondersteuning en beskerming ontvang wat u verdien.

Belangrik om te weet:

 

  • Finale goedkeuring van terugsendings of waarbor-eise berus by die verskaffer.
  • Grobler SonWerke tree op as die fasiliteerder om te verseker dat u versoek vinnig en regverdig hanteer word.
  • U regte ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming (CPA) bly beskerm, en ons is daartoe verbind om jou te onderteun om n regverdige oplossing te bereik.

Kontak Besonderhede

Indien U enige vrae het oor hierdie terugkeerbeleid kan U ons asseblief kontak.

Verkoops Bestuurder: Brian Openshaw

Epos: sales@groblersunworks.co.za

Telefoon: 0726287353

 Adres: 16 Camdeboo Street, Mayberrypark, Alberton, 1448